top of page

So...dis die storie, 2 SAPD lede word gevonnis oor vals klag van die k-woord

  • Writer: Editor
    Editor
  • Oct 22, 2020
  • 1 min read

Luitenant-kolonel Annemarie Oosthuizen het 'n dissiplinêre proses teen twee adjudant -offisiere, Sedisa Tikoe en Chris Mphana begin, omdat hulle sonder toestemming nie opgedaag het vir werk nie. Die twee lede het Oosthuizen tóé daarvan beskuldig dat sy die k-woord gebruik het. In 'n verklaring van Solidariteit het Oosthuizen regstappe geneem teen hulle oor die vals klag. Die beskuldiges sal op 23 Oktober in die Klerksdorpse streekhof in Stilfontein gevonnis word. Lees die verklaring van Solidariteit

Die twee adjudant-offisiere van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD), Sedisa Tikoe en Chris Mphana, wat skuldig bevind is aan verskeie aanklagte insluitende crimen injuria, regsverydeling, meineed en aanranding, sal op 23 Oktober om 11:00 in die Klerksdorpse streekhof in Stilfontein gevonnis word. Dit volg nadat strafverswarende en -versagtende getuienis op 21 Oktober aangehoor is. Die twee SAPD-lede is skuldig bevind op strafregtelike aanklagte nadat hulle kollega, luitenant-kolonel Annemarie Oosthuizen regstappe geneem het toe hulle haar daarvan beskuldig het dat sy hulle die k-woord toegesnou het. Dit was nadat sy ’n dissiplinêre proses teen hulle begin het omdat hulle sonder toestemming nie opgedaag het vir werk nie. “Hierdie vonnis is ’n bewys dat rassisme en veral vals klagtes van rassisme nie geduld sal word nie en dat oortreders aan die pen sal ry vir hierdie misdrywe. Dat die saak nou afgehandel word is nie net ’n groot verligting nie, maar ook ’n groot oorwinning, nie net vir luitenant-kolonel Oosthuizen en Solidariteit nie, maar vir elkeen wat teen rassisme staan,” sê Renate Barnard, sektorkoördineerder van die openbare sektor by Solidariteit.

Comments


  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2020 by So dis die Storie. Proudly created with Wix.com

bottom of page