So...dis die storie, hoe kriminele nou jou motor kan steel.
- Editor
- Oct 27, 2020
- 1 min read

As iemand jou bel en sê dat daar fout is met jou motor se opsporingtoestel maak eers seker dat dit wel die waarheid is.
Die nuutste manier hoe kriminele nou jou motor steel is om voor te gee dat daar iets fout is met jou opsporingtoestel.
Volgens Business Insider vertel hulle vir kliënte dat hulle moet uitkom om die toestel te herstel of te vervang.
Sodra hulle op jou perseel is, sal die oortreders beweer dat hulle dit nou moet toets deur die motor gou vir 'n toetsrit te neem, of hulle sal sê dat hulle nie die herstelwerk op die perseel kan afhandel nie en dat hulle die voertuig moet terugneem na die 'fitment centre'.
Die oomblik as hulle uit jou perseel ry sien jy nooit weer jou motor nie.
Lees die berig van Business Insider.
Comments