So... dis die storie, jy gaan mooi moet ry anders verloor jy dalk jou lisensie.
- Editor
- Oct 22, 2020
- 1 min read

Die regering het 'n voorstel gepubliseer in die staatskoerant oor die nuwe wetgewing rondom die AARTO Straf- puntestelsel. As dit goedgekeur word sal dit op 1 Julie 2021 ingestel word. Volgens Review Online is daar drie fases waar jy strafpunte kan kry. Wat uitstaan by die nuwe voorstelling is die volgende: * As jy meer as 15 punte teen jou het mag jy nie vir drie maande bestuur nie.
* Jy moet jou bestuurslisensie inhandig gedurende daardie tydperk
* As jy drie keer gediskwalifiseer word dan word jou lisensie summier gekanselleer.
* Jy moet dan aansoek doen vir 'n leerlinglisensie en dán kan jy eers gaan vir jou bestuurslisensie maar eers as die periode wat jy voor gediskwalifiseer was, verby is.
So mense ons gaan mooi moet ry.
Gaan lees gerus die berig van Review Online.
Comments