top of page

So...dis die storie, partytjie...partytjie...partytjie

  • Writer: Editor
    Editor
  • Oct 26, 2020
  • 1 min read



Die naweek het kuierplekke in Sandton en Midrand verskeie Covid-19 regulasies nie na gekom nie . TimesLIVE het berig dat 300 mense by Blackdoor Lifestyle lounge was, tot na twaalf gekuier het en baie van die mense daar het nie maskers gedra nie. Die klub is summier gesluit deur wetstoepassers. Volgens Maroela Media sal President Cyril Ramaphosa dié week die land toespreek oor die Covid-19-pandemie. Daar is sprake dat die Covid-19 gevalle weer aan die toeneem is en dat strenger inperkings oorweeg kan word. Sinle Zikalala, die Premier van KwaZulu-Natal het gesê 'n streng inperking kan weer te wagte wees indien daar nie dringend 'n verandering kom in mense se roekelose gedrag nie. Lees gerus die berigte van TimesLIVE en Maroela Media.

Commentaires


  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn

©2020 by So dis die Storie. Proudly created with Wix.com

bottom of page